Verwerk deur die skrywer en heruitgegee met nuwe omslag. Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ân ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ân bedreiging. Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ân subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.