Nederlands
  nl
English
  en
contact veelgestelde vragen
log in
VU
 
Hermann Giliomee: Historikus -- 'n Outobiografie
Hoofdkenmerken
Auteur: Hermann Giliomee
Titel: Hermann Giliomee: Historikus -- 'n Outobiografie
Uitgever: NB Publishers
ISBN: 9780624066842
ISBN boekversie: 9780624066835
Editie: 1
Prijs: € 20.51
Verschijningsdatum: 14-11-2016
Inhoudelijke kenmerken
Categorie: Historical
Taal: Afrikaans
Imprint: Tafelberg
Technische kenmerken
Verschijningsvorm: E-book
 

Inhoudsopgave:

Hermann Giliomee verweef die verhaal van sy lewensverloop met dié van 'n land wat hom boei en besiel, 'n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagse politiek. As internasionaal gerekende historikus ondersoek Giliomee lewenslank die ontstaan en handhawing van die skerp verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sy werk is vars en vreesloos, en vind aanklank by kenners én gewone Afrikaanse lesers wat oor hulself en hul verlede begin herbesin. Sy uitgesprokenheid haal hom dikwels die gramskap op die hals - uit wyd uiteenlopende oorde. Hy is al gebrandmerk as 'n slang in ons midde\", 'n oorbeligte\", 'n taalbul\" en die boer in the woodpile\". Hoewel Giliomee as kind van die Afrikaner-volksbeweging in die 1950's grootword, wyk hy af van die nasionalistiese tradisie in sy kritiese ondersoek na die opkoms, hoogty en ondergang van eksklusiewe Afrikanermag. Hy lewer veral in die 1980's en 1990's skerp kritiek op die regering se alleenheerskappy en sy onwilligheid om vanuit 'n posisie van mag te begin onderhandel. Met binnekring-kennis is sy verstaan van Afrikanermag ingelig en genuanseerd, iets wat saam met sy onderhoudende vertelwyse lei tot talle topverkopers, waaronder die magistrale The Afrikaners, wat in 2003 deur The Economist uitgesonder is as een van sy boeke van die jaar.
leveringsvoorwaarden privacy statement copyright disclaimer veelgestelde vragen contact
 
Welkom bij SALUS